Music Video

Silver De Lange
Watch {trackName} music video by {artistName}

Credits

PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Anton Goosen
Composer

Lyrics

Die konsertina kerm al sy verlange, In die hande van ou Silver de Lange Hy't gespeel van die liefde, maar hy was 'n eensame man Ja, ou Silver hy't die pad alleen Geloop, en gedwaal soos net 'n swerwer kan Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant, weg te brand Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm Man, wat kon speel beter as 'n ander kan As die Vyf-Dagbrekers op die radio grammofoon speel O, dan wonder ek baie oor jou Silver, Daar's so baie wat ons twee kon deel Maar die konsertina's nou jou weduwee, en jou hande het afgetree O, speel hom, Silver, speel hom weer Speel hom Silver, nog 'n keer En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver Silver de Lange ... En kom die paaie van die ou musikante, By die kruising van die hemel se rante En 'n man hoef nie meer vir 'n sjieling op 'n dag te speel En ek wonder hoe baie baie harte, het ou Silver in sy lewe gesteel Maar die konsertina's nou sy weduwee, hy't sy hart net vir haar gegee En watter vrou het gekyk in jou oë se blou, As jou vingers om die wheatstone se note vou Wie't die hartseer man, teen haar bors getroos Ja, die wêreld's nog dieselfde, Ou Silver, hy's hard en hy's voos en hy's boos Het jy alleen gespeel en musiek Gemaak, toe jou hande aan die stilte raak? O, speel hom, Silver, speel hom weer Speel hom Silver, nog 'n keer En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver Silver de Lange ... O, speel hom, Silver, speel hom weer Speel hom Silver, nog 'n keer En die konsertina kerm verlange in die hande van Silver Silver de Lange.
Writer(s): Anton Goosen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out