Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Die Heuwels Fantasties
Die Heuwels Fantasties
Vocals
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Songwriter
Hunter Kennedy
Hunter Kennedy
Composer
Pierre Greeff
Pierre Greeff
Composer
Johnny de Ridder
Johnny de Ridder
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Coleske
Coleske
Producer

Lyrics

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
Jy het nie 'n graad nie
En jy het nie 'n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos 'n kind the baljaar en die verte in
Van 'n krans af te staar
Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam en deur die bottels wat knak
Hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
Geisoleer in donderweer
Ver van die wolkekrabbers, net die atmosfeer
Wat aan ons kleef
En 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie, jy weet ek het nie
Ek het nie 'n agenda nie
Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam en deur die bottels wat knak
Hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
En strooi my as oor die bosveldhorison
Written by: Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Kennedy John Hunter Eddingto, Laurika Rauch, Pierre Greeff
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...