album cover
Stukkend
album cover
Stukkend was released on March 23, 2022 by Spoegwolf (Pty) Ltd. as a part of the album Droombrief
March 23, 2022
LabelSpoegwolf (Pty) Ltd.
BPM148
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Music Video

Music Video

Lyrics

[Verse 1]
Dit reën in Bethlehem
Ek was lanklaas by die huis
Jy stuur foto's wat die
Amandelbome wys
[Verse 2]
Hoe raas jou oë soos die skemer se see?
Jou klere wolk weg voor die maan
Ek het verdwaal
En ja, dis seer
Maar baie is al erger deur
[Verse 3]
Jou stem is soet
Ek hoor dit wel
Maar ek het oud geword en
My kop is seer
Jou woorde drom
Ek is vêr van alles
[Verse 4]
Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
Jy dink ek's stukkend?
Jy't geen idee nie
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
[Verse 5]
Ek het jou in my donker leer ken
Jy was die glinstering van goud
Ek het geskarrel soos 'n eekhoring
Deur jou woud
[Verse 6]
Môre is ek weer op die pad
Ek dra jou oral met my mee
Soms as 'n droom
Soms as 'n wolkbreek-miltsteek
[Verse 7]
Jou stem is soet
Ek hoor dit wel
Maar ek het oud geword en
My kop is seer
Jou woorde drom
Ek is vêr van alles
[Verse 8]
Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie
Jy dink ek's stukkend?
Jy't geen idee nie
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
As ek opstaan
[Verse 9]
(Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie)
(Jy dink ek's stukkend?)
(Jy't geen idee nie)
(Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam)
(Kyk hoe hulle hardloop)
As ek opstaan
Written by: Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...