Lyrics
[Verse 1]
Daar's 'n man uit die Kaap met hart so groot
Jy kan 'n lam daarin bêre, dan's daar nog plek oor
Hy dra die groen op sy skouers en die goud op sy rug
Hy gaan met een messie Frankryk toe
Ons bring die beker terug
[Verse 2]
Hy's nie bang vir 'n tier, hy's nie bang vir 'n ier
Hy kan die Aussies nie vat nie en hy skop nie vir die
Hy gee sy alles vir die Bokke, vir die groen en goud
Suid-Afrika is in sy bloed
Is in sy bloed
[Chorus]
Hy is Eben Etzebeth
Eben Etzebeth
Asseblief tog manne help my, hier kom Eben Etzebeth
Ek kan nie vinnig hol nie en ek het nie eers die ball nie
Asseblief tog help ons Eben Etzebeth
[Verse 3]
Eben is 'n yster , hy het 'n hart van staal
As jy breek om 'n los skrum gaan hy jou uit haal
Want hy's van kort na sy geboorte al geprogrammeer
Om als behalwe bok, te elimineer
[Verse 4]
Hy is vinnig soos 'n cheetah en so hard soos 'n os
Jy moet sy spanmaats en sy boeties en sy vrou uitlos
Hy gaan jy soek tot hy jou vind as jy sy land sleg sê
Want hy is 'n Springbok held, hy wil die beker hê
Hy wil die beker hê
[Chorus]
Hy is Eben Etzebeth
Eben Etzebeth
Asseblief tog manne help my, hier kom Eben Etzebeth
Ek kan nie vinnig hol nie en ek het nie eers die ball nie
Asseblief tog help ons Eben Etzebeth
[Verse 5]
As jy dink jy kan 'n gaping in die backline sien
Moet jy doodseker maak jou kans is tien uit tien
Want as Eben Etzebeth jou in die kort druk dit gaan vir altyd brand
Hy gaan vir altyd pyn
[Verse 6]
Hy's ons land se nommer 4 maar hy is die hele veld vol
As jy dink jy's deur 'n gap gaan jy in hom vas hol
Hy's te vinnig en te slim om hom te uitoorlê
Hy gaan jy altyd vang, en jy gaan lank daar lê
Jy gaan lank daar lê
[Chorus]
Hy is Eben Etzebeth
Eben Etzebeth
Asseblief tog manne help my, hier kom Eben Etzebeth
Ek kan nie vinnig hol nie en ek het nie eers die ball nie
Asseblief tog help ons Eben Etzebeth
[Verse 7]
Eben, Eben
Eben Etzebeth
Eben, Eben die man van staal
[Verse 8]

Hier kom Eben Etzebeth
Eben Etzebeth
Asseblief tog manne help my, hier kom Eben Etzebeth
Ek kan nie vinnig hol nie en ek het nie eers die ball nie
Asseblief tog help ons Eben Etzebeth
Asseblief tog help, help, help my
Is Eben Etzebeth
Written by: Robbie Wessels