Lyrics

Wa' kom jy vandaan, met jou blou bakkie aan Met daai bloulig op jou dak, en daai gun in jou sak Een aand na die party, so kwart voor een Klim ek in my kar, en dis wind in die reen Ek jaag dat die byle huil, kyk jy my broer Spring 'n man uit die bosse, aan sy sy 'n roer Hy flits in my oë daai tyd vannie nag Iets sê my jaag die outjie lyk verdag Ek trek da' weg soos 'n vet gesmeerde blits In my spieëltjie staan die outjie en lig met n flits Spietkop, kan ons nie maar vergeet en vergewe Spietkop, as ek sien jy's agter my begin ek bewe Wa' kom jy vandaan, met jou blou bakkie aan Met daai blou lig op jou dak, en daai gun in jou sak Skielik is daai bloulig by hie' op my gat Krap my ratte innie boks en trap die lepel plat Tot my groot verbasing klim 'n outjie uit Stap ridder tot hie' langs my en klop aan my ruit Ek kyk op my speedo, dit sê 105 Ek dink hierdie outjie het spoed in sy lyf Gee nog 'n bietjie vet om verder weg te kom Nogsteeds hier langs my ruit en ek begin te grom Spietkop, kan ons nie maar vergeet en vergewe Spietkop, as ek sien jy's agter my begin ek bewe Wa' kom jy vandaan, met jou blou bakkie aan Met daai bloulig op jou dak, en daai gun in jou sak Hy vat sy gun en slaat uit my ruit Druk sy kop deurie venster en skree KLIM UIT! My moed begewe my en ek gee maar oor Dis toe dat ek amper my bewussyn verloor My kar se wiele is in die lug gespin Ek sien my lewenslange vonnis moet begin Want onner my kar, in die olie, in die sand Lê die policebike met 'n koplig wat nog steeds brand Hoa-hoa, hoa-hoa, hoa-hoa, hoa-hoa Spietkop, kan ons nie maar vergeet en vergewe Spietkop, as ek sien jy's agter my begin ek bewe Wa' kom jy vandaan, met jou blou bakkie aan Met daai bloulig op jou dak, en daai gun in jou sak Wa' kom jy vandaan, met jou blou bakkie aan Met daai bloulig op jou dak, en daai gun in jou sak Wa' kom jy vandaan?
Writer(s): Michael Kunze, Peter Maffay, Wicus Van Der Merwe Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out