Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Snotkop
Snotkop
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Siegel
Siegel
Composer
Bernd Meinunger
Bernd Meinunger
Songwriter
Johan Stemmet
Johan Stemmet
Songwriter
Francois Henning
Francois Henning
Composer

Lyrics

Gee my 'n oomblik, asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon en drome droom, wel
Gee my 'n oomblik en onthou van al daai dae
Was net 'n laaitie in die Vrystaat op die plaas, ja
Onthou daai dae van waatlemoen en potjiekos
Brandewyn en Coke om die probleme op te los en
Tannie Carike op die radio wat sing
En ons skree hard vir die Bokke om die beker terug te bring, ja
Hierdie land, wat my geluk bring
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Gee my 'n oomblik, asseblief, laat ek vertel
Van 'n land waarin ek woon en al die drome wat ek droom, wel
Gee my 'n kans om te verduidelik hoe dit voel
Om met trots te sê ek's Afrikaans en dit te kan bedoel
Om 'n bunny chow te eet en die Madiba Jive te doen
Die Huisgenoot, Stellenbosch en Mannetjies Roux
Dis die Cape Flats, die kaptein Loftus toe
Maak jou venster wawyd oop as jy Namakwaland toer
En voel die wind as my land jou roep
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Gee my 'n oomblik, assesblief, laat ek jou wys
Hoekom noem ek hierdie crazy land nogsteeds my huis
Dis die land van goeie hoop en Tassenberg
Die ghoema in jou bloed en die kombers oor Tafelberg
Altyd gedroom om te kan wees soos David Kramer
En elke liewe Sondag was dit tyd vir die Onse Vader
Seën asseblief hierdie land waarin ons woon
En al die ander mense wat soos ek van vrede droom
En liefde volop soos die sterre in die Klein Karoo
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe
Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Ook 'n blyplek neerlê vir my
Written by: Bernd Meinunger, Francois Henning, Johan Stemmet, Siegel
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...