Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Refentse
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Refentse
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Sean Butler
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Dis Donderdag op die plaas
En die bure sê ons raas
Maar die Muller seuns, hulle is mos kras
Na die Richelieu in die kas
[Verse 2]
Die manne sit en hoender braai
En die girls se koppe maak tiekkiedraai
Dis toe dat als begin gebeur
Ag, please, meneer, soen my nog 'n keer
[Verse 3]
Maar dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en die bottel is die baas
Ja, dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en almal het 'n hoofpyn, niemand raas
[Verse 4]
Dis Maandagoggend vroeg
Ons was nog Sondag in die kroeg
Want die 40 days se mengelmoes
Was vir ons almal 'n bietjie woes
[Verse 5]
Pietie het weer op Sannie gecheat
Met daai blonde girl, of was dit Angelique?
Op naweek kry hy mos soen-my-griep
En 'n uur daarna is dit dronkverdriet
[Verse 6]
Dan sing hy
My Sarie Marais bly so ver van my af
Ek hoop om haar weer te sien
Maar Vrydag
[Verse 7]
Is dit weer lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en die bottel is die baas
Ja, dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en almal het 'n hoofpyn, niemand raas
[Verse 8]
Mnr Brian in die hoof se kantoor
Want die rek punte lyk weer goor
By iemand het die hoof gehoor
Dis van die skelmrook in die stoor, heita
[Verse 9]
Ag, Susanna, ek's verlief, versmoor
Ek het my hart by jou verloor
Soos die onderdorp se troebadoer
Met 'n smile vir jou loer
Maar Vrydag
[Verse 10]
Is dit weer lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en die bottel is die baas
Ja, dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en almal het 'n hoofpyn, niemand raas
Written by: Refentse


